Die Rooiste van die Baarde

WAARSKUWING / WARNING:

Die sous is verslawend, as jy dit eers eenkeer op jou slap chips, bully beef of Pronutro geëet het, gaan jy dit nooit weer sonder Rooibaard wil eet nie. Jy sal jou eie skoonma slaan vir nog n bottel as hy klaar is.

Rooibaard is ‘n matige peri-peri sous. Jy hoef nie die toiletpapier in die yskas te sit nie – die sous is net flippen lekker. Jou rand gaan net brand as jy die goed drink en groot slukke vat. Eet net bietjie bietjie op jou kos.

Die sous gaan jou meer hoendervleis gee as Joel se 1995 drop goal. Werk dit maar in op jou maandelikse begroting, want jy sal nie meer sonder Rooibaard sous kan lewe nie!

Steek ‘n vuurtjie aan, gooi ’n trippel Riekie Louw, trap ‘n hoender plat, sit sy lyfie in ‘n Groen Trui Sousie en luister bietjie na Oom Leon se “Pretty Kabousie”.

Hierdie souse sal ‘n Vaaldam Kurper en selfs jou eks-vrou se kos laat lekker smaak.

As jy Kwaadbaard geëet het mag jy maar huil, dis OKAY. Bel die brandweer! Los die toiletpapier en kry gevriesde wetwipes! Moenie die goed eet nie, dit brand meer as deepheat op jou klokke. Dit is die kwaad in die lewe wat geterg is in ‘n hok met ’n stok, en dan losgelaat word. Moenie grappies maak en dit op jou vriend se brandewyn glas se rand smeer nie, hy gaan huistoe gaan en nie meer saam kuier nie. Smeer dit eerdeer aan jou skoonma se wynglas…

Hulle bestandele is vars uit die grond en nounet gepluk en natuurlik PROUDLY SOUTH AFRICAN wat dit daai ekstra lekker warm gevoel in jou maag gee.